top of page

This content was created by Terran Williams and translated and posted with his permission: Please visit https://commonresources.co.za/kids-and-teens/ for more and

have a look at his book "in reach" for a great resource on discipling your children. 

BELOFTES

5 Belofte verse, wat beloftes is waaraan ons kan vashou.

21. JY SAL SWEEF

Voorwerp: Feëtjievlerkies/ prent van ‘n arend.

Wat is hierdie? Dis reg, hierdie is vlerke/ ‘n prent van ‘n arend. 
Weet julle wat maak arende anders as henne? Wanneer ‘n storm kom, word die henne heen en weer gewaai. Hulle kêkkel en raak bang en paniekerig. Arende, aan die ander kant, het ‘n geheim. Hulle sprei hul vlerke wyd oop en en vang die warm opwaartse wind voor die storm. Hulle sweef reg oor die storm, kalm en selfversekerd. 
Weet julle dat God wil hê ons moet soos arende wees?

Jesaja 40:31

“Maar die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.”

Wanneer moeilike tye kom, kan jy paniekerig raak soos ‘n hen. Of jy kan jou hoop in die Here plaas en jou vertroue in sy liefde en krag sit. Om op die Here te vertrou is soos om jou vlerke wyd uit te sprei oor sy goedheid en beloftes. Wanneer jy dit doen, kom sit Hy sy kalmte, versekering, vrede en krag in jou hart. 

Voel jy meer soos ‘n hen of ‘n arend vandag? 

 

22) EK VERGEWE JOU

Voorwerp: 'n Magneet

 

Wat is hierdie? Dit is ‘n magneet. ‘n Magneet het ‘n Noordpool en ‘n Suidpool.
Wat anders het ‘n Noord- en ‘n Suidpool? Dis reg, ons planeet. Jy kan selfs van die Noord- na die Suidpool vlieg. Hier is vir jou ‘n strikvraag: Kan jy van die Oos- na die Wespool, of Wes- na Oospool vlieg?
Nee, want Oos hou vir ewig en ewig aan, en so hou Wes ook vir ewig aan. Die Bybel sê:

Psalm 103:12

So ver as die Ooste van die Weste af is, so ver verwyder God ons oortredings van ons af

 

Hoe ver is die Ooste van die Weste? Dit is van ewigheid tot in ewigheid. Wanneer ons iets verkeerd doen, kan ons na Jesus toe kom en vir hom jammer sê/ om vergifnis vra. En raai wat? Hy neem ons sondes van ons af weg vir ewig en ewig. Dit beteken nie dat jou probleme noodwendig weggaan nie. As jy, byvoorbeeld, iets by iemand gesteel het, gaan jy dit moet terug gee. Die goeie nuus is dat ons nie vir God enigiets hoef terug te betaal om ons te vergewe nie. 

Is daar enigiets wat jy vandag vir God vergifnis voor wil vra?
 

23. MOENIE BANG WEES NIE

Voorwerp: 'n Lap oor jou oë/ Sit die ligte af sodat dit donker is.

Wat is dit? Dit is donkerte. Die Bybel sê vir ons dat die lewe soms donker raak. Dit kan mens bang maak. Ons mag dalk alleen, bekommerd of vreesbevange voel omdat ons glad nie weet wat gaan gebeur nie. Dankie tog, God gee vir ons ‘n ongelooflike belofte vir hierdie tye.

Psalm 23:4

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In U hande is ek veilig

Daar is ‘n storie van ‘n klein seuntjie wat een aand wakker geword het uit sy slaap en baie bang was. Die ligte was af en dit was stil en pikdonker. Hy het gedog hy is alleen in die huis en hy het uitgeroep na sy ouers. Dit was ‘n groot verrassing toe hy ‘n stem langs hom hoor in die donker  - dit was sy ma se stem wat nog die hele tyd langs hom gelê het. Net so, voel ons soms baie alleen en eensaam wanneer ons ‘n probleem het, maar dit is nie die waarheid nie. God is altyd by ons! Hy is altyd reg langs ons! 

Voel jy soms bang of alleen?
 

24. EK SAL JOU NOOIT LAAT GAAN NIE

Voorwerp: Demonstreer die verskillende handgrepe wat hieronder beskryf word aan jou kinders.

Om hande vas te hou, sal werk net as altwee mense verbind is daartoe om die ander een se hand vas te hou. As een los, sal die hande van mekaar wegbreek. As ons egter mekaar se gewrigte vashou, sal die twee mense bymekaar kan bly, al laat los die een heeltemal. Watter soort greep dink jy het God op ons?

Johannes 10:28

En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.

Om ‘n Christen te wees gaan nie so veel oor ons wat aan Jesus vashou nie. Dit gaan meer oor Jesus wat ons vashou – met sy nooit-laat-los greep. Dit is só goed om dit te weet, want ons greep is foutief en nie altyd baie sterk nie. Ons geloof gaan op en af. Maar: Hy belowe om ons nooit, ooit te laat los nie. As ons eers ons lewens in sy hande geplaas het, neem Hy ons aan as sy eie en sal Hy nooit opgee op ons nie – nie vandag nie, nie môre, nooit nie. Het dit al ooit vir jou gevoel of jou greep op Hom gly? Dink jy dat dít Jesus se greep op jou verander?

25. EK SAL JOU LEI

Voorwerp: ‘n Selfoon-flitslig

Wanneer jy buite in die veld in die stikdonker probeer om ‘n pad te volg, benodig jy bietjie lig. ‘n Klein flitsliggie soos dié wys jou die pad wat jy moet volg. In die lewe moet ons baie groot keuses maak – wie gaan ons vriende wees, na watter skool toe om te gaan, na wie toe moet ons gaan as ons ‘n groot probleem het. Somtyds weet ons net nie watter kant toe nie. Raai wat? God gee ons hulp…

Psalm 119:105

U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.

Hierdie is ‘n belofte dat God ons sal lei. Dit beteken nié dat ons nie keuses maak nie, maar dat God ons keuses sal lei en rig as ons Hom vra. Ons moet Hom vra en Hy sal ons die pad wys. Soos wat ons die Bybel lees, maak God ons wyser (soos ons in die volgende paar dae sal sien). Soos wat ons bid, kan Hy ons gedagtes lei en so sal jy weet wat om te doen. Hy kan ook wyse mense wat Hom liefhet gee om ons raad te gee. Hoe “cool” dat God ons lei. Is daar enige leiding wat jy benodig en graag vir God wil vra vir sy leiding?

bottom of page