top of page

This content was created by Terran Williams and translated and posted with his permission: Please visit https://commonresources.co.za/kids-and-teens/ for more and

have a look at his book "in reach" for a great resource on discipling your children. 

30 VERSE VIR KLEIN HARTJIES

MEMORISEER | INSPIREER | FLOREER

Leer jou kind 30 van die belangrikste verse en waarhede in God se Woord.

Hoekom moet ons bybelverse memoriseer?

1. Dit stel ons in staat om enige tyd geestelik gevoed te word deur God se Woord. 

2. Dit stel ons in staat om versoekings te kan weerstaan.

3. God kan makliker met ons en deur ons praat deurdat die Gees skrif in ons gedagtes laat opkom.

Die doel van hierdie handleiding is om vir kinders die geskenk te gee van 30 spesifiek uitgesoekte skrifgedeeltes wat hulle saam met hulle kan dra vir die res van hul lewe.

As ‘n ouer sal jy dalk ook verbaas wees hoe hierdie eenvoudige skrifgedeeltes en lesse in jou eie lewe ook dieper betekenis kry elke keer wanneer jy dit deel met jou kind.

Wat maak hierdie handleiding uniek?

  • Elke les vat net 3 minute

  • Dit stel kinders bekend aan 30 van die mees belangrike waarhede van die Christelike geloof.

  • Dit is gebaseer op die fondasie van wat ek glo die absolute minimum is van wat ons kinders moet weet en glo om te kan floreer as volgelinge van Jesus.

  • Die skrifgedeeltes wat gememoriseer word gebruik prentjietaal wat die abstrakte idees beter verduidelik om dit te snap en hul eie te maak. Op díe manier kan die kinders die kern van elke vers visualiseer.

  • Elke vers en les is gebaseer op ‘n alledaagse voorwerp, wat dit meer interessant maak asook makliker maak om te onthou. Dit volg in die voetspore van Jesus wat stories vertel het van alledaagse voorwerpe/dinge met ewigheidsbetekenisse.

  • Hierdie 30 lesse en verse is bedoel om oor en oor herhaal te word sodat dit dieper en dieper in jou kind se geheue en hart kan wortel skiet. As dit kom by wat jou kind heel moontlik vir altyd gaan onthou, dan is minder beter en herhaling maak dit blywend.

Hoe om die handleiding te gebruik?

  • Kry ‘n oomblik in die dag wat vir julle as gesin werk soos bv. voor ete of na badtyd.

  • Elke les volg ‘n spesifieke orde:

  1. Wys die voorwerp en vra wat dit is.

  2. Gee ‘n verduideliking van die voorwerp sodat dit kan oorvloei in die skrifgedeelte van die dag.

  3. Lees die skrifgedeelte saam.

  4. Trek die verbinding tussen die voorwerp en die bybelvers.

  5. Vra ‘n vraag.

  6. Herhaal die vers 5 keer hardop saam en dan kry elke kind ‘n beurt om dit alleen te herhaal.

Hoe moet ek voorberei vir elke les?

  • Vind die voorwerp wat van toepassing is.

  • Dit is gewoonlik iets wat in die huis beskikbaar sal wees, maar dalk is dit ‘n prentjie/foto wat van die Internet afgelaai kan word.

  • Lees die les en probeer dan om dit in jou eie woorde vir jou kinders te vertel. Dit werk die beste om, as ouers, die les voor die tyd jou eie te maak en die skrifgedeelte te memoriseer en dit dan te ‘vertel’ vir jou kinders. Om dit jou eie woorde te maak dra mens “lewe” oor en nie net “informasie” nie.

Idees om die lesse uit te brei.

  • Voordat julle as gesin saam met die volgende les begin, herhaal die vorige dag se bybelvers.

  • Plaas die voorwerp êrens in julle huis en vir die volgende 24 uur, moet jy elke keer as jy daar verby loop die bybelvers hardop sê.

  • Wanneer julle saam as gesin bid herhaal die bybelvers as deel van die gebed sodat jou kinders sien dat mens ook skrifgedeeltes kan gebruik tydens gebed.

  • Kry al die voorwerpe na ‘n paar maande bymekaar en herhaal al die bybelverse.

EVANGELIE

10 Evangelie verse, wat die aspekte van die evangelie verduidelik.

Read More >

GROEI

10 Groei verse, wat ons help om nader aan God te groei.

Read More >

BELOFTES

Read More >

5 Belofte verse, wat beloftes is waaraan ons kan vashou.

WYSHEID

5 Spreuke, om ons te lei in ons daaglikse lewe

Read More >
bottom of page